N G Kerk 350 : eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 1652-2002
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Lux Verbi.BM
Abstract
Op 6 April 2002 gedenk ons die vestiging van die Protestants-gereformeerde geloof in Suid-Afrika 350 jaar gelede met die aankoms van Jan van Riebeeck en sy geselskap. Die vestiging van 'n VOC-handelspos aan die Kaap verteenwoordig weliswaar nie die begin van die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie, maar tog in 'n groot mate die oorgang na ons land se gedokumenteerde geskiedenis. Uit 'n kerkhistoriese perspektief het die NG Kerk saam met antler gereformeerde kerke 'n besondere rol in die verloop van die geskiedenis gespeel. Daarom is dit gepas dat die verhaal van die kerk by hierdie geleentheid en op hierdie wyse gedokumenteer word.
Die verloop van 350 jaar in die geskiedenis van die kerk word by wyse van 100 kernagtige bydraes vertel - bakens wat elk 'n belangrike moment, aspek of keerpunt verteenwoordig. Om leesbaarheid te verhoog, is die bakens in vier eras ingedeel, wat elk oor 'n bepaalde fase in die geskiedenis handel en met 'n kritiese oorsig ingelei word. Verdere toeligting word verskaf met sowat 650 illustrasies en foto's, waarvan baie die eerste keer in 'n publikasie verskyn. Dit sluit 'n 'galery' van kerkfigure in. 'n Klassieke tipografiese aanslag is gekies om 'n tydlose en kosbare publikasie daar te stel. Statistiese gegewens, tydlyne, feiteflitse, 'n bibliografie en register verhoog verder die bruikbaarheid van die boek. Daar word gehoop om hiermee 'n beskeie bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing in die algemeen en die van die kerk in die besonder te maak. Dit gee hopelik ook 'n perspektief op die talle raakpunte tussen ons kerkgeskiedenis, kultuurgeskiedenis en sekulere geskiedenis.
Met die keuse van 100 bakens is daar gepoog om 'n omvattende en oorsigtelike beeld van die NG Kerk in al sy fasette te gee. Deur die medewerking van meer as 'n honderd kundiges op verskillende gebiede word sover moontlik 'n gebalanseerde verhaal vertel en kom 'n gei:ntegreerde geheelbeeld uiteindelik na vore. Daar kan egter noodwendig nie op algehele volledigheid of objektiwiteit aanspraak gemaak word nie. Nogtans bied die boek 'n perspektief op die Jig en donker van die NG Kerk se verhaal. Daar is nie geskroom om die dwalinge van die kerk krities en sonder verontskuldiging te beskou nie. Andersyds is gepoog om die positiewe werksaamhede en beeld van die kerk op gepaste wyse uit te dra.
Die evaluering en erkenning van die verlede, met al sy kenterings en krisisse, bring uiteindelik herlewing en heropbou. Telkens het keerpunte ook vir die kerk boodskappe van hoop gebring, soos ook vandag die geval is. Van die bemoedigende tekens vir die toekoms wat in hierdie boek duidelik na vore kom, is die vervaging van kleurgrense in die NG Kerk, die toenemende besef dat die 'sendingveld' nie meer gerusstellend ver is nie, maar bier by ons, en die beweging in die rigting van groter eenheid in die gereformeerde familie. Die wens is dat hierdie publikasie ook sal bydra om die tydlose boodskap oor te dra: Die hoop beskaam nie.
Description
Keywords
NG Kerk, Nederduitse Gereformeerde kerk, Geskiedenis