Title page for ETD etd-08032006-105424


Document Type Master's Dissertation
Author Sinclair, Lorinda
URN etd-08032006-105424
Document Title 'n Maatskaplikewerkprogram vir die bemagtiging van die gedepriveerde vrou (Afrikaans)
Degree MA (Social Work)
Department Social Work
Supervisor
Advisor Name Title
Prof A Lombard
Keywords
  • social work with women
  • women South Africa Social conditions
  • sex discrimination against women.
  • women's rights
Date 2000-04-01
Availability unrestricted
Abstract
Afrikaans: Bemagtiging is tans in die Republiek van Suid-Afrika 'n essensiŽle en aktuele onderwerp veral in die ontwikkeling van vroue, gemeenskapsorganisering, sowel as in die progressiewe strewe na vrede en sosiale geregtigheid. In die samelewing is groot getalle persone, veral vroue, magteloos en is dit dus noodsaaklik om hierdie belewenis van magteloosheid te beklemtoon in die hantering en verbetering van maatskaplike probleme.

Die doel van hierdie studie is om 'n maatskaplikewerkprogram te ontwikkel wat afgestem is op die bemagtiging van die gedepriveerde vrou ten einde haar maatskaplike funksionering te verbeter. Gedepriveerde vroue is vasgevang in 'n siklus van probleme wat hulle maatskaplike funksionering beÔnvloed. Maatskaplike werkers pas beperkte intervensiestrategieŽ toe om verandering by die vroue te weeg te bring. Ten einde intervensiestrategieŽ te kan selekteer wat sinvolle verandering teweeg bring, moet kennis geneem word van hoe gedepriveerdheid die vrou se maatskaplike funksionering belnvloed. Hierdie aspekte of faktore moet aangespreek word deur gedepriveerde vroue te bemagtig om verandering te inisieer en instand te hou.

Die studie is gebaseer op 'n literatuuroorsig oor die maatskaplike wanfunksionering van die gedepriveerde vrou, asook die benutting van selfdirektiewe groepwerk as bemagtigingstrategie. 'n Maatskaplikewerkprogram is ontwikkel ten einde die gedepriveerde vrou te bemagtig, en haar instaat te stel om maatskaplik optimaal te kan funksioneer in die samelewing.

Die aanname van die studie is soos volg: Indien gedepriveerde vroue deur middel van selfdirektiewe groepwerk, deelneem aan 'n maatskaplikewerkprogram wat afgestem is op haar behoeftes, kennis en vaardighede, sal sy bemagtig wees om maatskaplik beter te kan funksioneer.

Die gevolgtrekking van die studie is dat 'n maatskaplikewerkprogram wat gebaseer is op selfdirektiewe groepwerk, 'n effektiewe hulpmiddel kan wees om:

ē bemagtiging by gedepriveerde vroue te bewerkstellig

ē haar instaat te stel om meer effektief in die samelewing te kan funksioneer en

ē sin en betekenis in haar lewe te ervaar

Uit hierdie studie word die afleiding gemaak dat die maatskaplikewerkprogram, wat ontwikkel is met die oog op bemagtiging van die gedepriveerde vrou wat maatskaplik wanfunksioneer, as maatskaplikewerkintervensie in die praktyk toegepas kan word ten einde die impak van die program vir die bemagtiging van die gedepriveerde vrou te evalueer.

English: Empowerment in the Republic of South Africa is currently an essential and topical discussion subject, particularly in the fields of upliftment and development of women, community organising, as well in the progressive striving towards peace and social justice. In the present social environment there are large numbers of people, especially women, who are powerless and it is thus of paramount importance that this socio-political reality of powerlessness, be highlighted in the management and betterment of social problems.

The purpose of this research is to develop a social work program specifically aimed at the empowerment of the currently a typical deprived woman so as to improve her social functionality. Deprived women are caught in a vicious cycle of obstacles, which directly impact on her social standing. Social workers apply a limited range of intervention strategies to enable a change in circumstances relative to such women to evolve. However, to be able to select such intervention strategies which will result in meaningful change, there must be real understanding of how such a deprived state of being influences the woman's social functionality. Empowering currently deprived women must address these factors and their nuances so that they themselves initiate change and maintain the new status quo.

This research is based on a written and recorded overview of the social malfunctioning of the deprived woman as well as the employment of self-directed group work and interaction as an empowerment strategy. A social workers program is developed to achieve the empowerment of deprived women and to allow her to operate at an optimal level in the social environment.

The assumption of the research is as follows: Provided deprived women partake through the medium of self-directed group work and intervention, which is solely directed at their particular requirements, knowledge and skills levels, will they become empowered and better enable to function socially.

The findings of this research is that a social management program which is based on self directed group work and intervention can be an effective tool to: (1) achieve empowerment of the deprived women, (2) allows her to function more effectively in the social environment on a sustainable basis and (3) allows her to experience sense and purpose in her life.

From the results of this research, it can be concluded that the social management program IS developed specifically for the empowerment of deprived women. The social work intervention is applied in practice to allow for the impact of the program on the deprived women to be evaluated.

© 1999, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Please cite as follows:

Sinclair, L 1999, ín Maatskaplike werkprogram vir die bemagtiging van die gedepriveerde vrou, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08032006-105424/ >

H359/ag

Files
  Filename       Size       Approximate Download Time (Hours:Minutes:Seconds) 
 
 28.8 Modem   56K Modem   ISDN (64 Kb)   ISDN (128 Kb)   Higher-speed Access 
  dissertation.pdf 4.91 Mb 00:22:44 00:11:41 00:10:14 00:05:07 00:00:26

Browse All Available ETDs by ( Author | Department )

If you have more questions or technical problems, please Contact UPeTD.