Title page for ETD etd-07012008-152711


Document Type Doctoral Thesis
Author Pretorius, Willem Jacobus
Email wilpret@lantic.net
URN etd-07012008-152711
Document Title Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal, gedurende die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans)
Degree DPhil (History)
Department Historical and Heritage Studies
Supervisor
Advisor Name Title
Dr J E H Grobler Co-Supervisor
Prof F Pretorius Supervisor
Keywords
  • guerrillastryd
  • native refugee department
  • repatriation
  • Anglo-Boereoorlog
  • scorched earth policy
  • ladies commission
  • collaborators
  • Heidelberg
  • department naturellevlugtelinge
  • boererate
  • verskroeide aarde-beleid
  • dameskommissie
  • blanke konsentrasiekamp
  • hervestiging
  • swart konsentrasiekamp
  • kampskool
  • hendsoppers
  • eed van neutraliteit
  • burger camp - white concentration camp
  • black concentration camps
  • Anglo-Boer War
  • camp school
  • boer remedies
  • wapenneerlêers
  • camp school
  • guerrilla war
Date 2008-04-17
Availability unrestricted
Abstract

Op 23 Junie 1900 het die Britse troepe Heidelberg beset. Die rustige bestaan het vir spanning onder die burgerlikes en agterdog teenoor die Britse militêre owerheid plek gemaak. Inwoners soos ds. A.J. Louw, wat geweier het om die Eed van Neutraliteit te teken, is onverwyld uit die dorp verban. Vroue soos Issie Kriegler en Cassie O’Reilly, wat met hulle uitgesprokenheid die gramskap van die Britte ontketen het, is saam met hulle gesinne na die konsentrasiekamp by Merebank in Natal gestuur. Aangesien die beëindiging van die oorlog vir die Britse owerheid belangrik was, het distrikskommissaris J.M. Vallentin Heidelbergse wapenneerlêers gebruik om die burgers tot oorgawe te oorreed en voorstelle vir die bereiking van vrede aan die hand te doen.

As deel van die verskroeide aarde-beleid is Boerevroue en kinders wat sonder heenkome was, na die blanke konsentrasiekamp op Heidelberg geneem, waar hulle getalle mettertyd tot ongeveer 2 000 aangegroei het.

Die Heidelbergse kampowerhede het die aankomelinge van tente voorsien terwyl higiëniese maatreëls en mediese dienste vir liggaamlike welsyn ingestel is. Siektes het uitgebreek. Die pogings van die Britse medici om die sterftesyfer met Westerse medikasie en voorskrifte vir beter voeding aan kinders te verlaag, het allesbehalwe seepglad verloop onder meer vanweë die Boerevroue se wantroue in hulle.

Voor die Anglo-Boereoorlog was die gemeentelike lewe besonder aktief. Met die Britse oorname het eredienste, bediening van die doop en katkisasie in die susterskerke op Heidelberg op 'n gereelde grondslag voortgegaan. Godsdiensoefening in die konsentrasiekamp is ook nie agterweë gelaat nie. Fasiliteite is vir die gemeentelike aktiwiteite van die drie susterskerke beskikbaar gestel. Ook het die Britse kerke op Heidelberg, die St. Ninian’s Anglican Church en die Wesleyan Methodist Church, ‘n bloeitydperk beleef, terwyl die Berlynse Sendinggenootskap sy werksaamhede gestaak het. Teen 1902 is die kampinwoners toegelaat om dienste in hulle gemeentes op die dorp by te woon.

Onderwys het met die Britse besetting ‘n nuwe tydvak betree. Die kampskool het saam met die skoolgeldheffende skole en die “free schools” op die dorp daartoe bygedra om die grondslag vir ‘n Britse onderwysstelsel in Transvaal te lê. Ingevoerde Britse onderwysers het nuwe wêrelde vir die kampkinders ontsluit, wat hulle tot verdere intellektuele ontwikkeling sou aanspoor. Die kampskole, waarby ook volwassenes gebaat het, was ‘n ligpunt in die bestaan van die konsentrasiekampe. Tot onlangs was min oor die swart konsentrasiekampe in die Heidelbergdistrik bekend. Toestande in hierdie kampe het na hulle oorname deur die Departement van Naturellevlugtelinge in Junie 1901 verbeter. Swartes is deur die leër en privaat huishoudings in diens geneem. Sommige was selfversorgend deurdat hulle mielies en ander gewasse produseer het. Die swart kamp op Heidelberg se sterftesyfer was laag. Dit is waarskynlik aan die goeie werk van die mediese offisier, ene Stewart, te danke.

Hervestiging van blanke en swart kampinwoners het na afloop van die oorlog in Mei 1902 gevolg. Met Britse hulp en danksy rantsoene wat aan hulle uitgereik is, kon hulle huiswaarts keer. Dit blyk dat Heidelberg se blanke konsentrasiekamp relatief goed bestuur is en vanweë sy lae sterftesyfer onder die beter kampe tel.

© University of Pretoria 2007

Files
  Filename       Size       Approximate Download Time (Hours:Minutes:Seconds) 
 
 28.8 Modem   56K Modem   ISDN (64 Kb)   ISDN (128 Kb)   Higher-speed Access 
  00front.pdf 94.34 Kb 00:00:26 00:00:13 00:00:11 00:00:05 < 00:00:01
  01chapter1.pdf 159.63 Kb 00:00:44 00:00:22 00:00:19 00:00:09 < 00:00:01
  02chapter2.pdf 152.41 Kb 00:00:42 00:00:21 00:00:19 00:00:09 < 00:00:01
  03chapter3.pdf 318.95 Kb 00:01:28 00:00:45 00:00:39 00:00:19 00:00:01
  04chapter4.pdf 251.08 Kb 00:01:09 00:00:35 00:00:31 00:00:15 00:00:01
  05chapter5.pdf 179.87 Kb 00:00:49 00:00:25 00:00:22 00:00:11 < 00:00:01
  06chapter6.pdf 232.68 Kb 00:01:04 00:00:33 00:00:29 00:00:14 00:00:01
  07chapter7.pdf 85.16 Kb 00:00:23 00:00:12 00:00:10 00:00:05 < 00:00:01
  08back.pdf 1.68 Mb 00:07:46 00:03:59 00:03:29 00:01:44 00:00:08

Browse All Available ETDs by ( Author | Department )

If you have more questions or technical problems, please Contact UPeTD.