
Document Type Master's Dissertation Author Uys, Barend Petrus bpuys6@gmail.com URN etd-06032008-113745 Document Title Omrol van veldvoertuie (Afrikaans) Degree MEng (Mechanical Engineering) Department Mechanical and Aeronautical Engineering Supervisor
Advisor Name Title Dr P S Els Supervisor Keywords
- off-road vehicle
- veer- en demperkarakteristieke
- vishoektoets
- omrol
- veldvoertuig
- damper characteristics
- rollover
- fishhook test
- spring
Date 2008-09-05 Availability unrestricted Abstract Die doel van die navorsing wat in hierdie verslag bespreek word, was om ondersoek in te stel na die omrolgedrag van veldvoertuie. Die studie is gedoen deur gebruik te maak van ʼn Land Rover Defender 110 sport nutsvoertuig as eksperimentele voertuig, en ADAMS View as sagteware pakket
Die sogenaamde “vishoektoets” is met die basislynvoertuig uitgevoer. Daar is korrelasie verkry tussen die data wat tydens die toetse opgeneem is, en ʼn volledige drie-dimensionele model van die voertuig in ADAMS View. Die basislynsuspensie op die voertuig is vervolgens vervang met ʼn vier toestand semi-aktiewe hidropneumatiese suspensiestelsel of 4S4. Die toetse is herhaal, en korrelasie verkry tussen die toetsdata en die rekenaarmodel. Die rekenaarmodel, met die basislyn suspensiekarakteristieke vervang met die hidropneumatiese suspensiekarakteristieke, is teen hierdie toetsdata geverifieer.
Die rekenaarmodel is na korrelasie gebruik om te bepaal watter veer- en demperstellings die effektiefste sal wees om omrol te voorkom. Verder is die model ook gebruik om die effek van rithoogteverlaging op omrolgeneigdheid te bepaal. Die hoeveelheid wat die wiele oplig, is as norm vir omrolgeneigdheid gebruik. Ander parameters, soos giersnelheid, rolsnelheid en rolhoek is ook ondersoek.
Uit die studie is dit duidelik dat die 4S4, met die moontlikheid van verstelling aan rithoogte, sinvol aangewend kan word om omrolgeneigdheid te verminder.
© University of Pretoria 2007
Files
Filename Size Approximate Download Time (Hours:Minutes:Seconds)
28.8 Modem 56K Modem ISDN (64 Kb) ISDN (128 Kb) Higher-speed Access dissertation.pdf 2.06 Mb 00:09:33 00:04:54 00:04:18 00:02:09 00:00:11