Title page for ETD etd-01212009-131828


Document Type Doctoral Thesis
Author Meier, Jakobus
Email kmeier@justice.gov.za
URN etd-01212009-131828
Document Title Voordeel toerekening in die Suid-Afrikaanse Reg (Afrikaans)
Degree LLD
Department Private Law
Supervisor
Advisor Name Title
Prof C J Davel Supervisor
Keywords
  • South African Law
  • collateral benefits
  • voordeeltoerekening
  • damages
  • skadevergoedingsaanspraak
  • regondernemings
  • legal systems
  • Suid-Afrikaanse Reg
Date 2008-09-04
Availability unrestricted
Abstract

AFRIKAANS: Die doel van die proefskrif is ‘n ondersoek van die verskynsel van voordeel-toerekening en die ontwikkeling van ‘n betroubare voordeeltoerekeningsleer. Gevolglik word ‘n ondersoek na die bestaan, die klassifikasie en die grondslag van die toerekenbaarheid van voordele teenoor die skadevergoedingsaanspraak gedoen. Hiermee saam word ook ‘n ondersoek na sekere vergelykbare aspekte in die Engelse, Nederlandse en Australiese reg onderneem.

Voordeeltoerekening verwys in die breë na daardie beoordelingsproses waarby gunstige newewerkings, as gevolg van die skadestigtende gebeurtenis, ten aansien van moontlike inagneming daarvan by die bepaling van skadevergoeding beoordeel word. ‘n Voordeel kan gesien word as ‘n gunstige newewerking as gevolg van ‘n skade- of voordeelstigtende gebeurtenis wat die benadeelde se vermoë vermeerder of meebring dat die vermoë nie verder verminder nie. Daar kan vandag geredelik aanvaar word dat daar geen enkele teorie is om voordeeltoerekening te verklaar nie. By bepaling van skadevergoeding behoort daar altyd vir die bestaan van verrekenbare voordele getoets te word. As vertrekpunt moet die voordeel 'n feitelike kousale verband met die skadestigtende gebeurtenis vertoon. Sou die voordeel nie in hierdie feitelike kousale verband staan nie, is die gevolg daarvan dat die voordeel as res inter alios acta of as kollateraal beskou kan word.

Voordele wat wel aan die feitelike kousaliteitstoets voldoen, word nie summier verreken nie. Hierdie voordele word aan 'n verdere norm beoordeel. Die toerekeningsnorm word in die algemeen in beginsels van openbare beleid gevind. Openbare beleid is uiteraard 'n vae begrip waaraan ‘n meer konkrete inhoud en betekenis verleen moet word. Openbare beleid kan gesien word as verteenwoordigend van elemente soos redelikheid, billikheid en regverdigheid. Hierdie elemente moet teen die agtergrond van die bestaan van die behoeftes van die eiser, die verweerder, die bron van die voordeel en die gemeenskap se belange toegepas word. Hiervolgens kan voordele toegereken word, indien die vereistes van redelikheid, billikheid en regverdigheid dit dikteer.

Dit is nodig om die voordeeltoerekeningsleer van 'n vaste teoretiese fondament te voorsien ten einde aan die voordeeltoerekeningsleer betekenis en praktiese werking te verleen. In die praktyk het die teoretiese onderbou en die aard van die verskillende voordele meegebring dat kasuďstiese voordeelklasse ontstaan het. Hierdie voordeelklasse kan volgens die aard en die kenmerke daarvan weer in voordeelgroepe toegedeel word. Elke voordeelgroep besit sy eiesoortige teoretiese kenmerke waaraan die voordeel getoets kan word vir kategorisering en die moontlike toerekening daarvan teenoor die skadevergoedingsaanspraak.

Vyf voordeelgroeperings kan vir doeleindes van voordeeltoerekening onderskei word. Eerstens is daar pseudovoordele. Hierdie voordele is nie egte toerekenbare voordele nie maar is deel van die skadeberekeningsproses. Tweedens is daar kwantifiseringsvoordele wat ook nie egte voordeeltoerekeningsvoordele is nie maar algemene faktore of elemente behorende tot die skadevergoedingsreg ten einde skade meer akkuraat te bereken. As sodanig vorm hierdie faktore ook deel van die skadeberekeningsmaatstaf. Derdens word aanpassingsvoordele as egte voordeel-toerekeningsvoordele onderskei. Dit is voordele waarmee die voorlopige skade-vergoedingsbedrag aangepas word, ten einde die finale skadevergoedingsbedrag te kan bereken. Vierdens word skadebeperkingsvoordele geďdentifiseer. Dit is voordele wat na die skadestigtende gebeurtenis ontstaan en wat meebring dat die omvang van die skade beperk word. Hierdie voordele kan of aanpassingsvoordele of voordele behorende tot die korrekte skadeberekeningsmaatstaf wees. Vyfdens word kollaterale voordele onderskei. Dit is voordele wat na oorweging van 'n moontlike toerekening, nie tot die skadevergoeding toegereken word nie. Hierdie groepering is 'n blote resultaat van die nie-toerekening van die voordeel.

Hierdie groeperings neem nie die plek van die reeds geďdentifiseerde voordeel-klasse in nie maar bestaan oorhoofs daartoe. Ten einde die hedendaagse diversiteit van voordele binne die raamwerk van 'n voordeeltoerekeningsleer te kan akkommodeer, is dit noodsaaklik om voordele te kategoriseer. ’n Voordeel kan dualisties gekategoriseer word na aanleiding van die individuele aard of karakter van die spesifieke voordeel en ook na die oorhoofse groepering daarvan. Hierdie kategorisering het tot gevolg dat voordeelklasse ontwikkel het na aanleiding van die soortgelyke aard van die voordele. Daar kan aan die voordeelklasse 'n eiesoortige identiteit gegee word wat 'n bepaalde klas van 'n ander klas kan onderskei.

Uit die klassifikasie van voordele word riglyne aan die praktyk verskaf wat as beoordelingsmaatstaf kan dien, waaraan voordele ten opsigte van die toereken-baarheid daarvan in die sfeer van die skadevergoedingsaanspraak beoordeel kan word. So word erkenning aan die behoefte en die bestaan van 'n selfstandige voordeeltoerekeningsleer verleen.

ENGLISH: The purpose of this doctoral dissertation is the examination of the phenomena of collateral benefits and the development of a reliable collateral benefit doctrine. Hence the inquiry into the existence, the classification and the basis for accounting of benefits against a claim for damages. Simultaneously an investigation is also undertaken regarding certain comparable issues in the English, Dutch and Australian legal systems.

Collateral benefits in a wide sense refer to an evaluating process whereby the positive side-effects, caused by a damage-causing event, are being evaluated in respect of a possible deduction thereof against a claim for damages. A benefit can be seen as a positive side-effect as result of a damage or benefit-causing event which produces an increase of the injured person’s patrimony or is the cause that there is no further reduction in the value of the person’s patrimony. It can readily be accepted these days that there is no single norm or theory that adequately defines the doctrine of collateral benefits. It is therefore necessary, whenever damages are to be determined to test for the presence of accountable benefits. As point of departure the benefit must have a factual causal nexus between the benefit and the damage-causing event. The benefit can be regarded as being res inter alios acta or as collateral if it does not comply with the requirements of factual causation.

Benefits which do comply with factual causation are not set off forthwith. These benefits must be evaluated against a further norm. The accounting norm is generally to be found in principles of public policy. Public policy is naturally a vague concept which requires a more concrete content and meaning. Public policy can be seen as comprising elements such as reasonableness, equity and justice. These elements must be applied against the backdrop of the needs of the plaintiff, the defendant, the source of the benefit and the interests of the community at large. Benefits can therefore be set off if the requirements of reasonableness, equity and justice are met.

It is necessary to support the doctrine of collateral benefits with a sound theoretical basis with a view of giving the doctrine content and practical functionality. The theoretical basis and the nature of the various benefits resulted in practicable casuistic classes of benefits. These benefit classes can, according to their nature and characteristics, be divided in benefit groupings. Each benefit group has its own theoretical features whereby the benefit can be tested for categorizing and the possible set off against a claim for damages.

Five groups of benefits can be distinguished for purposes of benefit accounting. The first are pseudo-benefits and are not real accountable benefits but are part of the process of establishing the actual damage. Secondly, there are quantifying benefits which are also not proper accounting benefits but general factors or elements which generally belong to the area of the law of damages and which are relevant in quantifying damage more accurately. These factors also form part of the measure of quantifying damage. Thirdly, it is possible to distinguish adjustment benefits as real accounting benefits. These are the benefits that adjust the provisional amount of damages with a view to calculating the final amount. Mitigating benefits can, fourthly, be distinguished. These benefits originate after the damage-causing event and limit the damage. These benefits can either be adjusting benefits or benefits allied to the applicable measure of damage. Then, fifthly, there are collateral benefits. These are those benefits that, after due consideration of a possible set off, are not accounted against damages. This group is a mere result of the non-accounting of the benefits.

These groupings do not replace the classes already identified but are present in a superior position. It is necessary to categorize benefits to accommodate the diversity of them at the present time within the framework of the doctrine of collateral benefits. A benefit can be categorised dualistically in terms of the basis of the individual nature or character of the specific benefit as well as to its overhead grouping. This classification arranges the various classes of benefits on the basis of their similarity regarding the nature of the benefits. Each benefit class can be given a distinctive identity which distinguishes it from the other classes.

Due to the classification of benefits a guideline can be provided to the legal practice that can be used as a measure to evaluate benefits for accounting against a claim for damages. On this basis acknowledgement is furnished for the requirements and existence of an independant collateral benefits doctrine.

©University of Pretoria 2008

D561/gm
Files
  Filename       Size       Approximate Download Time (Hours:Minutes:Seconds) 
 
 28.8 Modem   56K Modem   ISDN (64 Kb)   ISDN (128 Kb)   Higher-speed Access 
  00front.pdf 98.00 Kb 00:00:27 00:00:14 00:00:12 00:00:06 < 00:00:01
  01chapters1-2.pdf 292.10 Kb 00:01:21 00:00:41 00:00:36 00:00:18 00:00:01
  02chapters3-4.pdf 926.33 Kb 00:04:17 00:02:12 00:01:55 00:00:57 00:00:04
  03chapter5.pdf 512.98 Kb 00:02:22 00:01:13 00:01:04 00:00:32 00:00:02
  04chapters6-7.pdf 267.62 Kb 00:01:14 00:00:38 00:00:33 00:00:16 00:00:01
  05references.pdf 95.11 Kb 00:00:26 00:00:13 00:00:11 00:00:05 < 00:00:01

Browse All Available ETDs by ( Author | Department )

If you have more questions or technical problems, please Contact UPeTD.