Riglyne vir personeel
Definisie
UP beleid en regulasies
Plagiaat en waardes
Oorsake van plagiaat
Voorkom plagiaat
Spoor plagiaat op
Rapporteer plagiaat
Plagiaat English version
Riglyne vir studente   Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne   Kontak ons
Waardes
Akademiese integriteit en vertroue is twee van die basiese waardes wat by 'n universiteit geld en hulle is hoekstene vir die vooruitgang van kennis. Maak seker dat u studente hierdie begrippe verstaan en hoe hulle saamhang met die reputasie van die Universiteit en die waarde van sy grade en diplomas. Akademiese integriteit mag 'n nuwe begrip wees vir die meeste nuwe studente. Dit word gedefinieer as respek vir die werk van ander studente/navorsers in ruil daarvoor dat hulle jou werk sal respekteer. 
Die volgende beskrywing van die belangrikheid van akademiese integriteit vir die vooruitgang van kennis is afkomstig van die webwerf van die Student Judicial Services, University of Texas

At its core, academic integrity requires honesty. This involves giving credit where it is due and acknowledging the contributions of others to one's own intellectual efforts. It also includes assuring that one's own work has been completed in accordance with the standards of one's course or discipline. Without academic integrity, neither the genuine innovations of the individual nor the progress of a given field of study can adequately be assessed, and the very foundation of scholarship itself is undermined. Academic integrity, for all these reasons, is an essential link in the process of intellectual advancement. (Student Judicial Services, University of Texas)

Doserende personeel speel 'n besonder belangrike rol daarin om hierdie waardes by ons studente te kweek. U voorbeeld is van die allergrootste belang en u optrede stuur 'n baie duidelike boodskap. 
Verwante skakels
 
Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne