Riglyne vir studente
Definisie
'n Ernstige oortreding
Oorsake van plagiaat
UP beleid en regulasies
Korrekte verwysingstyl
Voorkom plagiaat
Gevolge van plagiaat
Plagiaat English version
Riglyne vir studente   Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne   Kontak ons
Riglyne vir studente

Dis gebruiklik om in akademiese geskrifte soos werksopdragte, verhandelinge, proefskrifte, navorsingsartikels en -verslae 'n oorsig te gee van die huidige stand van kennis oor die onderwerp. Dit vorm die fondament van 'n mens se eie navorsing en argumente en word vorentoe by jou eie werk geïntegreer by wyse van

  • aanhalings (wanneer jy die presiese woorde van 'n ander weergee),
  • parafrasering (iemand anders se idees in jou eie woorde beskryf), of
  • opsomming (slegs die hoofgedagtes van 'n ander in jou eie woorde beskryf).

Indien erkenning nie op die regte manier gegee word nie dui dit daarop dat

  • jy nog nie bedrewe is met verwysingstegniek nie - iets wat 'n mens maklik kan aanleer met die hulp van dosente, of
  • jy  doelbewus maak asof dit jou eie idees is en derhalwe iemand probeer  verkul - iets wat vinnig afgeleer moet word want dis 'n misdryf.
In albei gevalle kan jy beskuldig word van PLAGIAAT met baie ernstige gevolge vir jou akademiese loopbaan en selfs vir jou beroepsloopbaan.

Ons het hier 'n pakkie inligting en goeie raad bymekaargesit om jou te help om die probleem te verstaan en om te leer hoe om dit te voorkom. Jou dosente sal dit ook van tyd tot tyd in die klas bespreek en jou leer hoe om op die regte manier na bestaande inligting te verwys. Maar onthou op die ou end is jy self verantwoordelik vir jou eie loopbaan. Moenie met jou toekoms dobbel nie.

Verwante skakels
 
Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne