Riglyne vir studente
Definisie
'n Ernstige oortreding
Oorsake van plagiaat
UP beleid en regulasies
Korrekte verwysingstyl
Voorkom plagiaat
Gevolge van plagiaat
Plagiaat English version
Riglyne vir studente   Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne   Kontak ons
Waarom is plagiaat 'n ernstige oortreding?

Eerstens is plagiaat ONETIES

  • Dit is in stryd met ons waardes van vertroue en akademiese integriteit in terme waarvan ons die werk van ander respekteer in ruil daarvoor dat hulle weer ons werk respekteer.

  • Dit is oneerlik - dis 'n vorm van diefstal en 'n poging om ander te mislei.

  • Dit betoon minagting van die regte van die oorspronklike outeur en vir die kennisgemeenskap waarvan beide die outeur en die persoon wat plagiaat pleeg, lede is.

  • Dit kan die Universiteit se reputasie skaad, en daardeur die waarde van UP kwalifikasies verlaag.

  • Dit bring die eerlike werk van ander studente onder verdenking  (die dosent weet nie noodwendig wie van wie afgeskryf het nie).

  • Dit verkwis die waardevolle tyd van dosente en ander personeel en as gevolg daarvan ook die tyd van ander studente.

Tweedens is plagiaat ONWETTIG

Dit kan beskou word as 'n kriminele oortreding ingevolge die Wet op Kopiereg 98 van 1978. Dit word ook beskou as wangedrag in terme van die Universiteit se beleid en regulasies. Indien 'n student skuldig bevind word aan plagiaat

  • deur 'n Dissiplinêre Komitee van die Universiteit, kan hy/sy uit die Universiteit geskors word;
  • deur 'n Geregshof, kan 'n boete of selfs tronkstraf opgelê word.
Verwante skakels
 
Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne