Riglyne vir personeel
Definisie
UP beleid en regulasies
Plagiaat en waardes
Oorsake van plagiaat
Voorkom plagiaat
Spoor plagiaat op
Rapporteer plagiaat
Plagiaat English version
Riglyne vir studente   Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne   Kontak ons
Rapporteer plagiaat

Wanneer u die voorkoms van plagiaat ignoreer, bewys u die studente, die universiteit, die vakgemeenskap en ook uself 'n groot onguns.

Daar word van u verwag om die volgende stappe onverwyld te volg indien u bewys het van akademiese oneerlikheid.


1. Ondersoek

  • Reël om die student te ontmoet. 
  • Beskryf u vermoede en staaf dit met bewyse.
  • Kry die student se weergawe van die gebeure.
  • Verduidelik aan die student wat sy/haar regte is.
  • Indien u vermoede op geen vaste grond staan nie, kan die saak as afgehandel beskou word.
  • Indien u egter bevestiging vind vir u vermoede, kan die saak intern afgehandel word of verwys word na die Komitee vir Dissipline (Studente).
2. Hantering in die departement
Die saak kan in die departement opgelos word indien die volgende geld:
  • plagiaat is gepleeg met die uitwerk van 'n werkopdrag
  • dis die student se eerste oortreding
  • dis geringe plagiaat en die dosent is van mening dat 'n verminderde punt genoeg straf sal wees
  • die student het skuld erken
  • die student aanvaar die straf en beskou die saak as opgelos
  • die departementshoof gaan akkoord met die oplossing
3. Verwysing na die Komitee vir Dissipline (Studente)

Die saak word na die Komitee vir Dissipline (Studente) verwys indien die volgende geld:

  • plagiaat kom voor in 'n verhandeling of proefskrif
  • die student is reeds voorheen skuldig bevind aan plagiaat
  • die omvang van die plagiaat is sodanig dat 'n verminderde punt nie genoegsame straf is vir die oortreding nie
  • die student betwis die aanklag 
  • die departementshoof is van mening dat die saak verwys moet word na die Komitee vir Dissipline (Studente)

Die verwysing na die Komitee moet vergesel word van 'n skriftelike verslag oor die gebeure asook geskrewe verklarings van uself, die student en enigiemand anders wat oor die saak kan getuig. In die student se verklaring moet sy/haar studentenommer, handtekening en kontakbesonderhede voorkom.

Dokumentasie moet by die kantoor van die Registrateur besorg word via die kantoor van die departementshoof.

Die punte vir die werksopdrag of navorsing moet teruggehou word tot tyd en wyl die Komitee vir Dissipline (Studente) daaroor uitspraak gelewer het.


4. Die Dissiplinêre verhoor

Wanneer die Registrateur van mening is dat daar redelike gronde vir 'n aanklag van wangedrag teen 'n student bestaan, formuleer hy 'n skriftelike aanklag en reël dat 'n kopie daarvan aan die student besorg word. Tegelykertyd word die student ook skriftelik opgeroep om die verhoor by te woon.

  • Dosente en ander persone wie se teenwoordigheid belangrik is, word in kennis gestel.
  • 'n Aangeklaagde student is geregtig op die bystand van sy/haar ouers of voogde.
  • 'n Aangeklaagde student is nie geregtig op regsverteenwoordiging tydens die verhoor nie, met dien verstande dat, op versoek van die student, die Voorsitter van die Komitee toestemming kan gee dat die student teen eie koste gebruik maak van regsverteenwoordiging.
  • Kopieë van die relevante dokumentasie sal aan die dekaan en die departementshoof gestuur word.

5. Straf
  • Indien die student onskuldig bevind word, word die toegekende punte vir die werk bekend gemaak.
  • Indien die student skuldig bevind word, besluit die Komitee op 'n gepaste straf.
  • Die student mag teen 'n skuldigbevinding en/of straf appelleer na die Appélkomitee van die Senaat.

Kopieë van alle relevante dokumentasie sal aan die dekaan en departmentshoof gestuur word.
Verwante skakels
 
Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne