|
Verwysing is 'n
gestandaardiseerde manier om inligtingsbronne
wat vir akademiese skryfwerk gebruik is, te
identifiseer. Dit is ook die manier om "toestemming
te kry" van die outeur om sy/haar idees te
gebruik deur hom/haar te erken as die eienaar
daarvan.
Dit word gedoen deur
die bron in die teks te vermeld wanneer jy iemand se
woorde aanhaal, parafraseer of opsom, of
wanneer jy hulle idees gebruik wat in ander formate
en media, soos
grafika, voorkom. Aan die einde van jou werk
maak die bron dan weer deel uit van die bronnelys of
bibliografie.
|