Riglyne vir studente
Definisie
'n Ernstige oortreding
Oorsake van plagiaat
UP beleid en regulasies
Korrekte verwysingstyl
Voorkom plagiaat
Gevolge van plagiaat
Plagiaat English version
Riglyne vir studente   Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne   Kontak ons
Wat is plagiaat?

'n Mens pleeg plagiaat as jy iemand anders se idees - gepubliseer of ongepubliseer - aanbied asof dit jou eie is. Mense se idees is onder andere vervat in

geskrewe teks 
artikels, boeke, verhandelings, proefskrifte, koerante, tydskrifte, notas, kursusmateriaal, medestudente se werkstukke, e-posboodskappe, data, rekenaarkode, alles op die Internet, ens.

visuele teks
beeldende en grafiese kuns, foto's, ens.

multimediaprodukte
webwerwe, videoproduksies, films, CD's, ontwerpprojekte, ens.

musiek
komposisies, lirieke, CD's, musiek of klankgrepe op die Internet, ens.

gesproke teks
toesprake, kassetopnames, lesings, onderhoude, ens. 


Plagiaat is 'n baie ernstige oortreding. As jy jou daaraan skuldig maak, kan jy uit die Universiteit geskors word, krimineel aangekla word of 'n siviele eis kan teen jou ingestel word.
Verwante skakels
 
Riglyne vir personeel   Addisionele webbronne