|
Wanneer
jy die presiese woorde van 'n ander persoon aanhaal:
Plaas die
aanhaling in aanhalingstekens (" ") indien dit
deel uitmaak van 'n paragraaf wat jy geskryf het.
Spring
die aanhaling in van die linker kantlyn, of gebruik 'n ander/kleiner
font wanneer die aanhaling alleen 'n nuwe paragraaf uitmaak.
- Erken
die bron volgens die styl wat voorgeskryf word vir die departement
of vakgebied.
Wanneer
jy gebruik maak van ander se idees maar verkies om
dit in jou eie woorde te stel:
Verander die formulering en gebruik woorde wat by jou eie
skryfstyl inpas, of vertaal die aanhaling in die taal waarin jy
skryf, MAAR
Maak
seker dat jy nie die outeur se woorde verdraai om jou eie opinie te
pas nie.
Erken
die bron volgens die styl wat voorgeskryf word vir die departement
of vakgebied.
|